1 Januarie – Maria, Moeder van God

Die oorsprong van hierdie plegtigheid gaan terug na die vyfde eeu toe dit op die Sondag voor Kersfees geval het. Selfs voordat pous Sergius vier Maria-feeste (die Geboorte van Maria, die Aankondiging, die Reiniging en die Hemelopneming) in die sewende eeu ingevoer het, was die oktaafdag van Kersfees (d.w.s. die agste dag ná Kersfees) aan die Moederskap van Maria gewy.

7 Oktober – Onse Liewe Vrou van die Rosekrans

Die liturgiese viering van hierdie dag vestig ons aandag op die oorweging van die geheimenisse van Christus, waarin die Maagd Maria ons voorgegaan het deur haar unieke verbondenheid met Onse Heiland se Menswording, asook sy Lyding en Sterwe en sy Glorievolle Verrysing vanuit die dood