21 Augustus – St. Pius X

Dit was moeilike en troebel jare vir die Kerk, maar Pius het deur sy diepe geeskragtigheid nie geskroom om die bul by die horings te pak en dwalinge op Kerklike en sosiale gebied aan te val nie.

20 Augustus – St. Bernard van Clairvaux

Ten spyte van sy hoë profiel en onteenseglike magsposisie in Kerkpolitiek, was Bernard in die eerste plek ‘n monnik. Sy leefwyse was eenvoudig en beskeie en dit was die kwaliteite wat hy in sy medebroeders gesoek en aangewakker het. Sy geskrifte wys hom as ‘n man wat op ‘n deursigtige wyse tot die kern van teologiese geskille deurgedring het.