Min manne in die geskiedenis het die verbeelding van alle gelowiges en ook duisende nie-gelowiges so aangegryp soos hy. Sy nederigheid, sy liefde vir al God se skepsels reik deur die eeue en maak van hom een van die mees beminde heiliges wat die kerk van Christus nog ooit opgelewer het.
3 Oktober – St. Thomas van Hereford
Tydens die sogenaamde Oorlog van die Baronne neem hy die kant van die adel teen koning Hendrik III. Ná die neerlaag van koning Hendrik se magte by Lewes word hy op 22 Februarie 1265, benoem tot kanselier van Engeland. Sy sin vir geregtigheid en geestelike wysheid maak hom geliefd by vyand en vriend.
2 Oktober – Beskermengele
Die vroegste verwysing na ʼn liturgiese verering van die Engele word gevind in die Koorgebed van die Toewyding van die Aartsengel Migaelkerk in die Via Salaria in Rome – dié fees is altyd op die 29ste September gevier. Die oudste nog bestaande Romeinse Sakramentarium, die sogenoemde Leonynse, verwys indirek na die engele as individuele en persoonlike bewakers.
1 Oktober – St. Romanus Melodus
Toe hy wakker word en tydens die Goddelike Liturgie die kansel van die Kerk van die Geseënde Maagd bestyg, sing hy tot sy eie verbasing en die van sy gemeente die pragtige kotakion oor die geboorte van Christus wat nou nog in gebruik is.
1 Oktober – St. Thérèse van Lisieux
Dit is moontlik om klein te wees maak nie saak hoe ‘n hoë of verantwoordelike posisie ‘n mens in die samelewing beklee nie – klein-wees is ‘n ingesteldheid. ‘n Houding teenoor jouself en die lewe waarin jy absoluut op God aangewese is vir alles wat jy dink, doen of sê.
30 September – St. Sofia
Kort na haar aankoms in Rome word sy en haar drie dogters gearresteer. Hulle word verskriklik gemartel in 'n poging om hulle te dwing om hul geloof in Jesus Christus prys te gee.
30 September – St. Hieronymus
Sy omswerwinge bring hom uit by Antiogië, waar hy tot priester gewy is en waarvandaan hy later na Konstantinopel vertrek. Hy keer oplaas terug na Rome waar hy homself verdiep in die bestudering van die Heilige Skrif.
29 September – Fees van die Aartsengele, Migael, Gabriël en Rafael
Die liturgiese verering van dié engele het in die Ooste ontstaan en teen die sesde eeu is die Aartsengel Migael ook in die Weste vereer. In die Christelike tradisie het engele egter van die vroegste eeue af ʼn baie besondere rol gespeel. Selfs voor die Christelike Tydperk, was engele intiem gemoeid met die aanbidding van God.
28 September – St. Laurens Ruiz en metgeselle
In die eerste helfte van die 16de eeu het 16 martelare, Laurens Ruiz en sy metgeselle, in die Japannese stad Nagasaki hul bloed uit liefde vir Christus vergiet.
28 September – St. Wenzel
Sint Wenzel wil die hele Boheme gekersten hê, maar ondervind groot teenkanting, selfs vanuit sy eie familie. Dit blyk dat tot sy eie moeder vreeslik teen die Christene gekant was.
27 September – St. Vincent de Paul
In 1605 onderneem hy 'n skeepsreis maar die skip waarop hy was, word deur seerowers oorval. Twee verskriklike jare lank was hy 'n slaaf voordat hy daarin kon slaag om te ontsnap.
26 September – St. Noël Chabanel
Hy tree as jongman in 1630 by die Jesuïete in Toulouse. In 1643 word hy na Kanada gestuur waar die Jesuïete ʼn groot en moeilike apostolaat onder die Indiane behartig het. St. Noël staan uit as ʼn voorbeeld van iemand wat getrou was tot aan die einde toe.
26 September – St. Cosmas en St. Damianus
Hierdie twee heiliges word in die oudste geskrifte aangedui as synde afkomstig vanuit Sirië waar hul kultus glo eers ontstaan het, en waarvandaan dit na Rome uitgebrei het.
25 September – St. Niklaas van Flüe
Sy goedheid en wysheid het van sy nederige hut ‘n bedevaartoord gemaak. Onder sy besoekers het die belangrikste staatsmanne en hoogste kerklui van sy tyd getel.
24 September – St. Stefanie
Volgens oorlewering het sy in die 4de eeu by Denderah in Egipte haar lewe vir Christus neergelê.