Verwelkomingsbord by die kerk

Welkom!

Liewe besoeker,
welkom in hierdie kerk:
God verwelkom u, maak nie saak wie u is nie,
God verwelkom u in u blydskap en in u pyn,
in u sukses en in u mislukkings,
in u hoop en in u teleurstellings.
Wie u ook al is, God verwelkom u!

Hier volg u in die voetspore van sovele
wat hier kom bid en aanbid het,
hulle wat dié gewyde plek gebou en
met soveel liefde en geloof versorg het.
Betoon dus die nodige respek aan al die liefde
en gebed wat deel uitmaak van hierdie plek.

As u glo, kan u gerus hier bid.
As u nog soekend is, kan u gerus hier ’n bietjie nadink.
As u twyfel, kan u hier vir lig vra,
en as u in lyding verkeer, vir krag.
As u bly is, wees dan dankbaar.
Mag u in vreugde woon.

In die Here se huis sal u ook
broers en susters ontmoet …
mag u besoek hier u hart verwarm
en u plesier gee – wie u ook al is,
God wil u welkom laat voel.
Mag u ook die genade ontvang om God
in u lewe te verwelkom!

Welkom!