28 September – St. Laurens Ruiz en metgeselle

St. Laurens Ruiz en metgeselle, martelaars

In die eerste helfte van die 16de eeu het 16 martelare, Laurens Ruiz en sy metgeselle, in die Japannese stad Nagasaki hul bloed uit liefde vir Christus vergiet (1633-1637). Laurens was uit die Filippyne afkomstig en was ‘n apostel van die Christelike geloof in sy eie vaderland asook Taiwan en Japan. Onder die martelare was daar nege priesters, twee broeders, twee susters en drie leke, almal lede van die Dominikaanse Orde. Hulle is almal in 1987 deur pous Johannes Paulus II tot heiliges verklaar.