26 September – St. Cosmas en St. Damianus

St. Cosmas en St. Damianus, martelaars

Hierdie twee heiliges word in die oudste geskrifte aangedui as synde afkomstig vanuit Sirië waar hul kultus glo eers ontstaan het, en waarvandaan dit na Rome uitgebrei het. Volgens tradisie was hulle beide geneeshere wat hul dienste gratis aan siekes aangebied het. Hul verering was baie populêr en wydverspreid in die vroeë Kerk. Daar is in Sirië ‘n kerk oor hul vermeende laaste rusplek in Cyrrhus gebou. Pous Felix IV (525-530) het ‘n basiliek in die Romeinse Forum aan hulle toegewy. Hulle word albei in die tradisionele Romeinse Eucharistiese Gebed genoem.