8 September – Gesegdes en Spreuke van St. Filip Neri


“Maagd Maria, Moeder van God, bid tot Jesus vir my.”

Wanneer ons dié gebed tot Onse Liewe Vrou rig, bevat dit elke moontlike verering waartoe sy geregtig is; ons noem haar by haar naam, Maria, en vereer haar met die twee grootste titels van Maagd en Moeder van God, waaarna ons haar roeping erken deur Jesus, die vrug van haar suiwerste skoot, se hulp deur haar voorbede te vra.  St. Filip Neri