23 Augustus – St. Rosa van Lima

St. Rosa van Lima, maagd

Gebore in 1586, was sy die eerste persoon van die Amerikas om heilig verklaar te word. Sy het haar hele lewe in Lima, Peru deurgebring en was bekend vir die feit dat sy ‘n lewe van selfopgelegde ontbering en onthouding beoefen het. Op die ouderdom van twintig het sy by die Derde Orde van Sint Dominik aangesluit. Toe haar familie uitvind dat sy ‘n vrywillige eed van kuisheid afgelê het, is sy deur hulle vervolg. Haar geloof het konstant gebly ten spyte van ‘n wêreldse vereensaming, sowel as geestelike dorheid. Na ‘n lang en pynlike siekte is sy in 1617 oorlede. Pous Clemens X het haar in 1671 tot heilige verklaar. Sy word vereer as die beskermheilige van Suid-Amerika en die Filippyne.