22 Augustus – Maria-Koningin

Maria-Koningin

Die liturgiese viering van Maria as koningin is deur Pous Pius XII by die geleentheid van die Maria-jaar 1953-1954 ingevoer. Dit sluit ten nouste aan by die fees van die 15de Augustus. Op hierdie dag vereer die Kerk Maria as koningin van hemel en aarde, sy wat in haar moederliefde die voorspreekster is vir alle mense op pad na die heerlikheid wat hul toekom as Gods kinders.