Die volgende parogies is onder ons bediening

past-bridgton2

St. Niklaas van Flüe Katolieke Kerk

Hierdie is ‘n dubbelparogie met nog ‘n kerk in Eerstelaan, Bhongolethu, wat Koningin van Vrede heet. Dié parogie vorm die grootste Katolieke gemeente in Oudtshoorn met ongeveer 2500 gedoopte lidmate. St. Niklaas van Flüe parogie het sy ontstaan te wyte aan die gedwonge verskuiwings van die vyftiger en sestigerjare van die 20ste eeu toe die mense van Noordeinde na die nuwe woonbuurt Bridgton (weg van die blank verklaarde dorpsgebied) verskuif is.

Heilige Mis Tye:

Dinsdag: 7:45 of 7:15 (gedurende skool kwartale en volgens winter en somer skooltye)

Donderdag: 18:00 (St. Niklaas)

Sondae: 9:00 (St. Niklaas)

 

Kontak besonderhede:
Parogiepriester: Eerw. Vr. Leon Daniel Mostert C.O.
Tel: +27 44 2039605
Hulppriester: Eerw. Vr. Wim Jean Jules Sabo C.O.
Tel: +27 44 2039618
Posadres: Posbus 407, 6620 Oudtshoorn

past-bongolethu

Koningin van Vrede Katolieke Kerk

Die ou Sacred Heart Sending en skool in Noordeinde is gesluit en ‘n nuwe kerk is gebou en later ook ‘n nuwe skoolgebou langs die kerk. Sacred Heart Skool het op die 23ste Julie, 2003, sy 80ste bestaansjaar gevier. Alhoewel die skool vandag binne die kategorie val van ‘n staatskool wat op kerkperseel bedryf word, is die Katolieke etos van die skool kragtens ‘n ooreenkoms met die bisdom nog van krag. Langs die Sacred Heart Skool staan die geboue van die Sacred Heart Kleuterskool.

Heilige Mis Tye:

Woensdag: 18:00 (Koningin van Vrede)

Sondae: 10:30 (Koningin van Vrede)

 

Kontak besonderhede:
Parogiepriester: Eerw. Vr. Leon Daniel Mostert C.O.
Tel: +27 44 2039605
Hulppriester: Eerw. Vr. Wim Jean Jules Sabo C.O.
Tel: +27 44 2039618
Posadres: Posbus 407, 6620 Oudtshoorn

past-dysselsdorp

St. Konrad van Parzham Katolieke Kerk

Gestig 1935

Hierdie kerk (±30km vanaf Oudtshoorn) bedien die Katolieke gemeenskap van Dysselsdorp en De Rust.

Heilige Mis Tye:
Dinsdae: 17:30
Woensdae: 17.30
Donderdae: 7:45
Saterdae: 8.00
Sondae: 8:00 (Lente en Somer) en 9.00 (Herfs en Winter)

Kontak besonderhede:
Parogiepriester: Eerw. Vr. David W. Dettmer C.O.
Tel: +27 44 2039604
Posadres: Posbus 407, 6620 Oudtshoorn

past-hotsprings

Onbevlekte Ontvangenis van Maria Katolieke Kerk

Hierdie kerk (±100km vanaf Oudtshoorn) bedien die Katolieke gemeenskap van Hotsprings. Vanweë die afstand van Oudtshoorn word die Heilige Mis op Sondae en Hoogfeeste in die parogie gevier.

Heilige Mis Tye: Dit is altyd raadsaam om eers te bel om tye te bevestig.

Kontak besonderhede:
Priester-in-beheer: Eerw. Vr. Dennis C. Ongansie C.O.
Tel: +27 44 2039610
Posadres: Posbus 407, 6620 Oudtshoorn

past-willowmore1

St. Bruno Katolieke Kerk

Hierdie kerk (±130km vanaf Oudtshoorn) bedien die Katolieke gemeenskap van Willowmore. Vanweë die afstand van Oudtshoorn word die Heilige Mis op Saterdae of Sondae en Hoogfeeste in die parogie gevier.

Heilige Mis Tye: Dit is altyd raadsaam om eers te bel om tye te bevestig.

Kontak besonderhede:
Priester-in-beheer: Eerw. Vr. Dennis C. Ongansie C.O.
Tel: +27 44 2039610
Posadres: Posbus 407, 6620 Oudtshoorn

past-avontuur

St. Elisabet van Hongarye Katolieke Kerk

Gestig 1971

Hierdie kerk (±120km vanaf Oudtshoorn) bedien die Katolieke gemeenskappe van Avontuur, Uniondale, Haarlem, Ongelegen, Waboomskraal en De Vlug. Vanweë die afstand van Oudtshoorn, maar ook die afstand wat die parogiane self van die kerk af woon, word die Heilige Mis op Sondae en Hoogfeeste in die parogie gevier.

Die gemiddelde parogiaan woon 20 kilometer ver en as gevolg van die sosio-ekonomiese boeie moet die oorgrote meerderheid van die Godsvolk dus gehaal word om die Heilige Mis te kan bywoon. Die parogie is in wyke verdeel: Wyk 1 – Avontuur, Uniondale en De Vlugt; Wyk 2 – Haarlem, Wyk 3 – Ongelegen en Wyk 4 – Waboomskraal.

Heilige Mis Tye: Dit is altyd raadsaam om eers te bel om tye te bevestig.

Kontak besonderhede
Priester-in-beheer: Eerw. Vr. Dennis C. Ongansie C.O.
Tel: +27 44 2039610
Posadres: Posbus 407, 6620 Oudtshoorn

Prins Albert Katoliekegemeenskap

Hierdie gemeenskap (±110km vanaf Oudtshoorn) word vanuit die Anglikaanse Kerk in Prins Albert bedien. Vanweë die afstand van Oudtshoorn word die Heilige Mis op Sondae en Hoogfeeste gevier.

Heilige Mis Tye: Dit is altyd raadsaam om eers te bel om tye te bevestig.

Kontak besonderhede:
Priester-in-beheer: Eerw. Vr. David W. Dettmer C.O.
Tel: +27 44 2039604
Posadres: Posbus 407, 6620 Oudtshoorn